|
Ongeëwenaarde Bystandbewoning
Bonheur , die luukse bystandwoonstelle, is ‘n ware juweel in die la Clèmence-kroon!
“BONHEUR”…Die Franse woord vir geluksaligheid, beskryf die visie t.o.v. ons inwoners. Hier word daarna gestreef om op daaglikse basis uit te reik, te poog om in die daaglikse behoeftes van elke inwoner te voorsien. Die mikpunt is totale gemoedsrus.
BONHEUR beskik oor 20 bystandwoonstelle wat varieer tussen studio’s of eenslaapkamereenhede. Elke eenheid beleef die prag van die binnelandskapering, terwyl daar op elke hoek vir snoesige buite-binnekuierareas voorsiening gemaak is.
Die BONHEUR-woonstelle is kundig ontwerp ten einde totale gemoedsrus en volkome gemak aan elke inwoner te verseker:
- Ondervloerse verhitting tydens die Kaapse winterkoue
- Natuurlike son vloei deur die dakligopeninge
- Voldoende ingeboude kaste, asook ‘n bedkopstuk
- Noodroepstelsels
- Platskerm-televisie
- Veiligheidsvashourelings
- Mini-kombuisie, insluitende ‘n mikrogolf en mini-yskassie
- Rolstoelvriendelike stort met sitbankie en verstelbare stortkop
- Verhitte handoekrelings
Selfs van groter belang – BONHEUR bied die volgende dienslewering:
- 24-uur nooddiens
- Kliniekdienste
- Sekuriteit
- Wasgoed- en skoonmaakdienste
- Drie kwaliteitetes per dag (insluitende tee en koffie)
BONHEUR onderneem om daagliks daarna te streef om met liefde en sorg die unieke behoeftes van elke inwoner aan te spreek. Hier kan jou nuwe dag met die vertroeteling van ‘n koppie stomende tee of koffie begin! |