|
La Clémence is ’n luukse aftreedorpie in die hart van die Kaapse wynlandstreek. Die vierde – en finale – ontwikkelingsfase is tans in volle gang. By voltooiing sal la Clémence 138 huise
insluit, elk met volle eiendomsreg. Die argitekontwerpte huise is ’n stylvolle interpretasie van ’n moderne Kaaps-Hollandse boustyl en is omring van pragtig ontwerpte tuine.
La Clémence spog met ’n moderne gesondheidsorgsentrum wat na die welstand van al ons inwoners omsien. Bo en behalwe primêre gesondheidsorg bied die eenheid ook fasiliteite vir verswakte-
en subakute versorging vir beide lang- en korttermynverblyf. Daarby het la Clémence onlangs die opening van Bonheur gevier. Dis ’n gebouekompleks met 20 lieflik ingerigte wooneenhede wat
spesiaal ontwerp is vir mense wat lewensbystand benodig.
Sedert sy bekendstelling in 2005, het elk van la Clémence se vier ontwikkelingsfases merkwaardige belangstelling geniet. Die eerste drie fases is vinnig uitverkoop, maar daar is enkele
voltooide huise beskikbaar vir herverkoop. Die meeste huise by la Clémence word reeds bewoon.
|