|
La Clémence is in die skilderagtige Kaapse wynlandstreek tussen Stellenbosch en Somerset-Wes geleë. Die asemrowende omgewing word deur ongeëwenaarde
gerief gekomplementeer.
Danksy la Clémence se ligging is die volgende binne minute bereikbaar: moderne inkopiegeriewe, uitstekende private hospitale, gholfbane, indrukwekkende
natuurskoon en die kultuurhistoriese kern van Stellenbosch. Dis boonop slegs ’n kort rit na die Strand met sy lang, sanderige strand.
’n Gemaklike rit van sowat 30 minute bring ’n mens by Kaapstad Internasionale Lughawe. Nie veel verder nie is Kaapstad se kosmopolitaanse middestad.
|